Babas en volwassenes het omtrent ewe veel breinselle!

Jy het waarskynlik al die ervaring gehad dat jy inligting by ’n groot organasie wou kry en dan seepglad en snel na presies die regte persoon wat oor die verlangde inligting beskik, deurgeskakel word. Taal is nie ’n probleem nie en jy hoef nie na ’n eentonige deuntjies te luister terwyl jy wag nie. Dis asof dinge presies en akkuraat binne die groot stelsel geliasseer en toeganklik is.

† † † †Daarteenoor weet jy seker ook hoe frustrerend dit is om van bakboord na stuurboord gestuur te word terwyl tyd verlore gaan, die inligting duidelik binne die stelsel †verlore is – “Mevrou, die stelsel is af” – en jou oor tuit en jou geduld verslyt. Dinge werk nie reg nie.

† † † †Hou hierdie twee scenarios in gedagte wanneer jy verder lees, want ek wil uitbrei oor hoe dit ons ‘n beeld gee van wat in die brein van die jong kind kan gebeur.

Wanneer Baba se telefoonstelsel werk

Byna al die selle in die brein ontwikkel voor geboorte en dis ook interessant dat ’n pasgebore baba amper net soveel breinselle as ’n volwassene het.†

† † † †Daar is talle voorbeelde waar die natuur ’n oormaat skep ter wille van die oorlewing van organismes. Dit gebeur ook met breinselle en verbindings tussen hulle: baie meer breinselle as wat uiteindelik nodig is, vorm aan die begin, maar slegs diť wat aktiewe verbindings met ander breinselle maak, oorleef.†

† † † †In die eerste jaar na die geboorte van die baba, ondergaan die brein ’n intense fase van ontwikkeling. Dit is asof ’n ontploffing van neurologiese verbindings gebeur en’n oormaat van verbindings tussen breinselle vorm. Dink net hoe aktief die bababrein in hierdie tydperk moet wees – geen wonder Baba slaap so baie om te kan ontwikkel nie!†

Baba verloor selle!

Breinselle verbind oor en weer met mekaar (amper lukraak), maar die meeste van hierdie verbindings is onnodig. Soos wat die baba en kind groei en deur die omgewing beÔnvloed word en ontwikkel, word oortollige en onnodige verbindings weggesnoei. Daardie verbindings gaan letterlik verlore – wat ’n noodsaaklike proses is. Indien daardie onnodige verbindings nie sou verlore gaan nie, sou ons breine nie optimaal kon funksioneer nie. Dit sou wees soos daardie kantoorgebou waar niemand jou na die regte persoon deurskakel nie. ’n Ontwikkelde brein is soos die goeie telefoonsisteem: die boodskap word vinnig en doeltreffend na die regte plek gestuur.†

† † † †Hierdie snoeiproses is dus ’n belangrike stadium; daarom is blootstelling aan ’n omgewing waarbinne kinders kan ontwikkel so belangrik. Dit moet ’n omgewing wees wat leer stimuleer – daar moet genoeg wees om die brein aan soveel ervarings en sake as moontlik bloot te stel. Belangriker nog: die omgewing moet genoegsame ruimte bied vir ’n verskeidenheid van bewegingsaksies. Meer hieroor later.

† † † †Omgewings wat nie leer stimuleer nie, ondermyn hierdie natuurlike snoeiproses van verbindings. Vir die sien- en hoorfunksies, wat in die brein se visuele en ouditiewe korteks registreer, is daar byvoorbeeld ’n uitgebreide en gefokusde fase van terugsnoei aan die begin van ’n kind se lewe. Die verbindings in hierdie areas is by ’n baba baie digter as in die volwasse brein. As jy egter die digtheid in hierdie areas by ’n tweejarige en vierjarige brein met die volwasse brein vergelyk, stem dit al baie meer ooreen. Dit dui daarop dat die grootste terugsnoei van onnodige verbindings vir daardie gedeelte van ontwikkeling grootliks tussen die ouderdomme van twee en vier jaar afgehandel is.

Tieners wat hulle speelgoed rondgooi

Daar is ander gedeeltes in die brein waar die snoeiproses eers in die tienerjare gebeur. Die prefrontale korteks (aan die voorkant van die brein, net agter die voorkop) is verantwoordelik vir daaglikse beplanning, besluitneming, bepaling van prioriteite en redenasievermoŽ. Die digtheid van hierdie breingedeeltes neem toe soos wat die kind ouer word en daar is 'n beduidende ontwikkeling van die brein in die frontale areas tydens adolessensie. Daarna neem dit ongeveer tien tot twintig jaar vir die terugsnoeiing om hier plaas te vind. Dit verklaar moontlik baie van tieners se gedrag!

Onthou: Baba se brein is ook sensitief

Die brein ontwikkel dus in fases waarin daar ontploffings is van verbindings wat breinselle met mekaar maak, onnodige verbindings teruggesnoei en die belangrike verbindings tussen breinselle versterk word. Dit gebeur op verskillende tye in die brein en dit wil voorkom asof daar verskillende sensitiewe periodes is waarop sekere dele van die brein meer ontvanklik vir ontwikkeling is as ander tye.

† † † †Hieruit kan ons aflei dat sekere vaardighede op bepaalde sensitiewe periodes in die brein makliker ontwikkel as in ander tye. Wanneer iets binne hierdie sensitiewe stadium in die brein ontwikkel, is dit soos wanneer ’n motor afdraand ry. Wanneer ’n vaardigheid aangeleer moet word en die sensitiewe fase vir daardie vaardigheid is verby, ry die motor opdraand. Dit ontwikkel nog steeds, maar neem net ’n bietjie langer en benodig meer energie.

† † † †Vaardighede wat geletterdheid, en dus lees en skryf, ondersteun, ontwikkel die beste van geboorte tot die ouderdom van omtrent vyf jaar. In hierdie tydperk is die brein besonder sensitief vir taalontwikkeling. Daarom kan ’n mens nooit te vroeg met taalontwikkeling by jou kind begin nie. Taalontwikkeling beteken maar net soveel blootstelling en deelname as moontlik aan dinge wat met die huistaal te doen het.†

Baba se bitter belangrike omgewing

Neurowetenskaplike navorsing oor die vroeŽ ontwikkeling van die brein het veral baie lig gewerp op hoeveel stimulasie nodig is om kinders optimaal te laat ontwikkel. Een van die belangrikste bevindings is dat kinders se breine die beste ontwikkel in omgewings waar hulle baie kan beweeg en omgewings wat moontlikhede vir fantasiespel, taalontwikkeling en blootstelling aan stories bied.†

† † † †Ouers wat hulle kinders van jongs aan taal blootstel deur saam met hulle kinders te lees en vir hulle liedjies en rympies te leer, kry dit beslis reg om ’n omgewing te skep waarbinne ’n jong brein optimaal kan ontwikkel. Sulke kinders leer baie keer lees voordat hulle skool toe gaan en word uiteindelik knap lesers. Kinders wat goeie taalblootstelling kry, ontwikkel die vermoŽ om te lees op ’n natuurlike, eiesoortige manier wat nie skadelik vir die ontwikkeling van geletterdheid is nie.

† † † †Dat Baba se brein soos ’n goeie telekommunikasiestelsel kan werk, is natuurlik maar net ’n beeld. Wat binne die skedeltjie gebeur, is baie ingewikkelder – kan ons byvoorbeeld sÍ Baba se gevoelens werk ook soos ’n telefoonsentrale? Of Baba se bewussyn? Inderdaad – wanneer ons oor die brein besin, staan ons voor een van die wondere van die heelal. Ons kan wel dankbaar wees vir die kennis wat ons reeds het oor die beste maniere om hierdie kosbare orgaan te ontwikkel.

© Johan van Lill 2013