Hoe lees kinders?

Hoe pragtig is dit nie wanneer kinders, nog skaars uit hulle babadoeke, self ’n boek en lekker sitplek kies, en begin blaai nie ... illustrasies met glinsterende ogies en opgehoue asem van naderby bekyk. En dan, nog in peuterskoene, woorde begin herken en sÍ! Ons slaan hulle met opwinding en trots gade.

† † † †Dit is belangrike eerste stappe wanneer kinders begin lees. Maar daar is gewoonlik nog ’n paadjie om af te lÍ voordat hulle werklik die vaardighede sal bemeester om vlot en met begrip te lees. En nog ’n langer pad om uit ’n verskeidenheid leesstrategieŽ die regtes vir die geleentheid te kies.

† † † †Ek kyk in hierdie artikel na wat in die brein gebeur wanneer ons lees en gee ’n paar wenke waarmee ons kinders kan help om beter te lees.

Wat is lees?

Ja, hou in gedagte dat “lees” meer behels as om geskrewe of gedrukte (of “geskermde”!) woorde hardop te sÍ of vir jouself te herken. Blote herkenning en opsÍ van woorde hou nie in dat lees met begrip noodwendig plaasvind nie

† † † †Lees het eerder met verbindings †en netwerke in die brein te doen: Dit bestaan daaruit om neurale netwerke in die brein te gebruik wat inligting maklik – as’t ware outomaties – en blitsvinnig kan verwerk en gestoorde inligting kan herroep namate visuele waarneming vanaf die oŽ na die brein oorgedra word.†

† † † †So skep die brein nuwe konneksies en netwerke terwyl dit nuwe inligting ontvang en verwerk. Gelukkig – of ongelukkig? – sal die dele van die brein wat gesprikkel en gestimuleer word, aanhou ontwikkel en diť waarmee dit nie gebeur nie, sal verdwyn. Dink aan ’n beeldhouer wat ’n beeld skep: die beeldhouer vorm ’n nuwe struktuur, en neem weg wat nie gebruik word nie.

† † † †Baie invloede werk met die brein soos die beeldhouer: aktiewe, betekenisvolle lees is een daarvan. Ander invloede uit die omgewing, byvoorbeeld ryk taalervarings soos goeie gesproke taal, dra tot die vorming van die brein se neurale netwerke en ander strukture by.

† † † †Lees gaan nie net oor die sien van woorde of sinne op ‘n bladsy of skerm nie. Dit gaan meer oor die betekenis wat die brein aan daardie woorde of sinne gee. Die kind se brein het vanself die vermoŽ om daardie betekenis te gee. Diť vermoŽ verbeter egter namate die kind meer kennis en vaardighede opbou om betekenis te gee aan dit wat gelees word.

† † † †Kinders wat byvoorbeeld nie genoeg algemene kennis het nie, kan selde met begrip lees: hulle het nie genoeg kennis in hulle koppe om betekenis aan die woorde op die bladsy te gee nie. Sulke kinders kan baie keer vlot lees, maar doen dit met min of geen begrip nie. Dit gebeur veral met kinders wat te vroeg deur iemand intensief geleer lees is voordat hulle genoeg taal ontwikkel het om die leesproses te ondersteun. Daar is geen skade daarin as kinders spontaan vroeg begin lees nie, inteendeel sulke kinders word uitstekende lesers aangesien hulle van ‘n jong ouderdom aan genoegsame taalontwikkeling blootgestel is.

Wat gebeur in die brein?

Hoewel baie navorsing oor die brein gedoen word, is daar nog geweldig baie wat ons moet navors om te weet presies wat daar gebeur. Volgens een siening neem die brein neem inligting oor letters en woorde wat vanaf die oŽ kom, aanvanklik in twee dele van die brein op: die Wernicke-area die Broca-area. Hierdie twee areas werk spesifiek saam wanneer ‘n kind luister, praat en lees. Die Wernicke-area gee betekenis aan die woord en die Broca-area het te doen het met hoe taal in groter dele en samehange werk. .

† † † †Al hierdie breinprosesse verloop natuurlik binne klein gedeeltes van sekondes. Die belangrike saak hier is dat hoe meer oefining in lees die brein kry en hoe meer agtergrondinligting en algemene kennis – oftewel verwysingsraamwerke – die brein ontwikkel, hoe vinniger tree die brein op.

Hoe verstaan ons wat ons lees?

Die proses van betekenisskepping en die rol van neurale netwerke is kompleks.

† † † †Kom ons kyk na ‘n voorbeeld. Die woord “rol” kan verskillende betekenisse hÍ: dit kan iets wees wat jy in ’n toneelstuk of fliek vertolk; dit kan ’n aksie wees wat jy uitvoer wannneer jy op die gras rol; ’n saak kan op die hofrol geplaas word; jy figuurlik kan in die geld rol wanneer jy ryk is of jy kan ander van hulle rykdom beroof wanneer jy hulle sakke rol. Die woord “rol” word dus in verskillende betekenisverbande gebruik. Kinders moet leer om die woord in hierdie betekenisverbande te gebruik.

† † † †Goeie blootstelling aan ryk taalgebruik en algemene kennis van ‘n jong ouderdom af vestig dan die neurale netwerke wat die kind binne ‘n oogwink van ‘n sekonde kan gebruik om die konteks van die woord vas te stel en om ‘n gepaste reaksie of respons daarop te kan hÍ.

Wees bly as jou kind nuuskierig is!

Hoe meer neurale netwerke by ’n kind gevestig is deur blootstelling en taalontwikkeling, hoe beter sal die kind lees.

† † † †Jou kind se leesvlak en -sukses hang dus direk af van die verbindings wat in sy of haar brein gevorm is deur leer- ťn lewenservaring. Indien jou kind nie genoegsaam aan taal blootgestel is vanaf ‘n jong ouderdom nie, sal hierdie verbindings swak of heeltemal afwesig wees. Om hierdie rede is nuuskierigheid so belangrik in kinderontwikkeling – nuuskierige kinders is gewoonlik leergierige kinders wat eendag goeie lesers word.

Wat die ouer en versorger te doen staan

Opskrifte en kategorieŽ is ’n nuttige manier om inligting te organiseer en dit vir die brein makliker te maak om die inligting te stoor. Daarom kan jy jou kind vra om die inhoud van’n storie te voorspel na aanleiding van die opskrif. Voorspelling gebaseer op opskrifte spoor die brein aan om nuwe neurale netwerke te skep. Wanneer die kind die voorspelling toets deur die teks verder te lees, word die nuwe neurale netwerke versterk.

† † † †Nuwe inligting daag die brein uit om nuwe verbindings te vorm. Jy leer iets nuuts deur verbindings te vorm tussen wat jy alreeds van iets weet en dit wat jy sopas bygeleer het. † ††

Sien patrone raak

Die brein verwerk nuwe inligting makliker wanneer dit patrone in die inligting kan opspoor. Sodoende kan die brein skakels lÍ tussen wat reeds onthou is en wat nuut is.

Een voorbeeld van sulke patrone is oorsaak en gevolg: Rooikappie se ma vra haar om na haar siek ouma te gaan. Gevolglik ontmoet Rooikappie vir Wolf. Die ontmoeting en wat daarop gevolg het, sou nie gebeur het as Rooikappie se ouma nie siek was nie.

† † † †Stories het meesal sulke inhoudelike patrone of strukture wat dit makliker maak om te onthou: Oorsaak en gevolg verbind byvoorbeeld die gebeure. Vertel kinders die storuie oor, kan hulle hierdie verbindings gebruik om die storie geloofwaardig oor te vertel.

† † † †Die raaksien of skep van oorsaak en gevolg is ’n belangrike strategie wanneer neurale netwerke verbindings tussen nuwe en bekende feite vorm. Hierdie denk- en leesstrategie kry dus belangrike aandag in die skoolkurrikulum.

Benut jou kinders se nuuskierigheid sů om hulle breine te ontwikkel†

Elke keer as jou kind ’n vraag vra, veral hoekom-vrae, kan ’n mens die geleentheid gebruik om hoŽvlakdenke te stimuleer.

† † † †Dit is in ’n ouer se aard om elke vraag van ’n kind †so deeglik as moontlik te beantwoord (behalwe as Pa liefs agter die koerant se sportbladsye wil wegkruip of Ma saamsnik met die sepie se treurmare!). Wanneer jou kind vir jou ’n vraag vra, bons die vraag direk terug met ’n vraag wat logiese en kritiese denke en redenasievermoŽ kan ontwikkel. So kan jy byvoorbeeld ’n vraag soos “Hoekom het katte ore?” beantwoord met ’n vraag soos “Waarvoor dink jż gebruik katte hulle ore? Net soos jy self of anders?”

† † † †Dit mag dalk snaaks voel om dit aan die begin te doen, maar dit leer kinders op ’n natuurlike manier leer om nuwe inligting aan bekende inligting te verbind. Dit stimuleer ook ’n behoefte by jou kind om verder te dink en om self meer uit te vind.

† † † †Die manier waarop jy met jou kind praat en die gehalte van vrae wat jy self stel, is belangrik om kinders gereed te kry vir formele leer.

† † † †Geniet dus jou eie opwinding en trots wanneer Kleinsus en Boeta die eerste boek op die skoot neem – al is dit onderstebo – dis ’n teken van ’n fenomenale deel van hulle liggame wat onsigbaar baie aktief begin raak.

© Johan van Lill 2013