Leer die brein spesifieke dinge op sekere tye?

Jou wederhelf se gunstelingrugbyspan – miskien die Ligroosbloues? – is stewig op pad doellyn toe met ’n voorspelergewoel waarin die bal in ’n netwerk van koppe en bolywe en bene en stewels verdwyn het. Dan gooi die opponente hulle wal, jou wederhelf gryp met die hand in die hare en die skeidsregter roep: “Use it!!!”. Die gemaal kom tot stilstand en, tot Wederhelf se uiterste irritasie, word die bal aan die opponente toegeken.

† † Ja, in rugby geld die “Use it or lose it”-reŽl deesdae onverbiddelik. Vir dekades lank al vra kenners van kinderontwikkeling en breinwetenskaplikes die vraag: Geld †die “Use it or lose it”-reŽl ook vir kinders se ontwikkeling van kennis, vaardighede en waardes?

† † So is daar vir lank gedink dat die brein sekere kritieke periodes het waarbinne spesifieke ontwikkelings moet plaasvind. Indien daardie kritieke periodes gemis is, het dit sonder die nodige ontwikkeling verbygegaan.†

† † Deesdae beweeg ons weg van hierdie eensydige ingesteldheid teenoor kinderontwikkeling.†

Die brein is ’n plastiese en plooibare orgaan vir leer

Vandag verwys ons na periodes waartydens die brein besonder sensitief vir sekere stimulasies en ontwikkeling is. †Neurowetenskaplikes, wat teorieŽ oor die die brein bestudeer, ontwikkel modelle wat gebaseer is op die beginsel van die vorm- en plooibaarheid van die brein. Wanneer daardie ontvanklike tydperke verby is, kan die brein nog steeds verder op daardie gebied ontwikkel, maar dit is net effens moeiliker en gebeur teen ’n stadiger pas.†

† † Geleenthede om te leer gaan dus nie noodwendig vir altyd verlore nie. Tog bly ons eerste prioriteit om die kind se omgewing so in te rig dat die brein se moontlikhede wel in daardie sensitiewe periodes ontwikkel.†

† † ’n Goeie voorbeeld van hoe die brein steeds kan bly ontwikkel en leer, is die aanleer van vreemde tale. As ’n kind nie ’n verdere taal gedurende die sensitiewe periode vir taalverwerwing aangeleer het nie, kan die volwassene dit nog steeds in latere jare verwerf.

Waar kom hierdie idees vandaan?

Die idee van kritieke periodes is afkomstig van navorsing deur Hubel en Wiesel. Hulle het die Nobel Prys in 1981 ontvang vir navorsing oor hoe die brein inligting verwerk wat dit deur die oŽ verkry. Hulle het afleidings gemaak oor wat met dele van die brein gebeur wat nie op sekere tye gestimuleer word nie, byvoorbeeld deur blindheid in een oog. Die funksies wat daardie breindele normaalweg verrig, word dan wel deur ander dele oorgeneem, maar is swakker as normaalweg. Ander navorsers het hierop voortgebou en vergelyk met hulle hulle waarnemings van kinderontwikkeling.

† ††Benewens “kritieke periodes” is daar dan “sensitiewe periodes” geÔdentifiseer. Veral die naam van die Nederlandse genetikus Hugo de Vries en die Italiaanse opvoeder Maria Montessori het tot hierdie sienings bygedra. Sensitiewe periodes val algemeen met periodes saam wanneer daar grootskaalse verbindings tussen breinselle plaasvind en wanneer die sterkste verbindings versterk word en die snoeifase van die “onnodige” breinverbindings stabiliseer. Dit is dan ’n sensitiewe tydperk vir ontwikkeling van die vaardighede op daardie gebied.

† † Spesifieke breinstelsels het skynbaar verskillende sensitiewe periodes. So byvoorbeeld het die visuele stelsel verskillende sensitiewe periodes waarbinne die voorkeur vir een oog bo die ander een (oogdominansie of oogvoorkeur) en gesigskerpte ontwikkel.

Wat moet ek as ouer weet?

Die belangrikste vir ouers om te weet is dat stimulasie kernbelangrik is en daar geen vrees vir ekstra stimulasie van hulle kind se potensiaal hoef te wees nie.

† † Die teendeel is waar: neurowetenskaplikes het ’n baie meer kritiese en belangrike aspek van kinderontwikkeling onder opvoedkundiges se aandag gebring, naamlik dat ’n gebrek aan stimulasie of die afwesigheid van “normale” stimulasie ’n negatiewe impak het op hoe die kind se brein sal ontwikkel.†

† † Wat taal- en leesontwikkeling betref, beteken dit dat as jou kind nie genoegsame taal hoor nie, en nie leer om deur taal te reageer nie, dit tot taalarmoede kan lei. Dit is terloops ook verkieslik dat die kind goeie, ryk taal hoor – en liefs nie “babataal” nie. Dan mis jou kind hierdie sensitiewe periode waarbinne die brein so ontvanklik is vir taalontwikkeling.

† † Voorbeelde van die soort taal wat kinders behoort te hoor is rympies, saamsingliedjies, stories, gesprekke oor tekeninge, en woordspeletjies. Dit is alles dinge wat taalontwikkeling tydens hierdie fase stimuleer en normaal laat ontwikkel.

Kan verrykte opvoedkundige programme en speelgoed my kind slimmer maak?

’n Mens stap dikwels in speelgoedwinkels in met opvoedkundige programme en speelgoed wat verkoop op die basis dat ’n verrykte en “oorstimulende” omgewing kinders “slimmer” maak.

† † Die idee hieragter is dat as kinders in “verrykte” omgewings grootword, hulle ook meer verbindings in die brein sal hÍ en hulle dan “slimmer” weens die verrykte omgewing sal wees as hulle maats wat in normale omgewings grootword.†

† † Die vraag is egter of die omgekeerde nie waar is nie: Dat dit nie die verryking is wat sekere kinders slimmer maak nie, maar wel die gebrek aan stimulasie en verryking wat dan sulke gedepriveerde kinders se ontwikkeling vertraag. Anders gestel: dit lyk of die brein se ontsagwekkende potensiaal vir ontwikkeling beteken dat ‘n ryk en stimulerende omgewing die natuurlike toestand vir kinders is. Alle kinders kan in so ‘n omgewing floreer.

† † As kinders dus op ’n jong ouderdom byvoorbeeld nie genoeg natuurlik beweeg om motories te ontwikkel nie, kan die brein in ’n onderontwikkelde staat verval. Dieselfde geld vir taalontwikkeling – indien jou kind nie genoeg aan ryk taal blootgestel word nie, ontstaan taalarmoede. Bewegingsaktiwiteite en aktiwiteite wat kommuniksie bevorder is bloot deel van normale, uiters noodsaaklike stimulasie vir kinders.

† † Dit blyk dat die “Use it or lose it”-reŽl gelukkig nie noodwendig vir kinders geld nie. Hulle kan wel ‘n tweede kan kry – miskien nie so goed soos die eerste nie, maar darem. Dit bly egter die beste om jou kind te help om die bal in die woeligheid van die grootwordjare te gebruik, eerder as dat die bal afgestaan moet word omdat geleenthede nooit geskep en benut word nie.†

© Johan van Lill 2013