Borsvoeding - 28 Junie 2012

In Groeipyne gesels ons hierdie week oor die borsvoeding. Baie swanger ma’s wil graag borsvoed, maar voel oorweldig oor al die kwelvrae, soos wat gemaak as jy nie kan borsvoed nie, jou melk is te min of jou borste is seer, wat as jou baba vroeg gebore word, ensovoorts. Ons gee raad, wenke en hanteer van die belangrikste dinge wat mens moet weet van borsvoeding. Ons bespreek ook die ontwikkelingsvoordele van borsvoeding vanuit ‘n opvoedkundige perspektief.

Juliet Matthee is ‘n vrywilliger by La Leche International - ‘n organisasie wat ma’s ondersteun met borsvoeding. Soek op Facebook “lalecheleaguesouthafrica” of besoek die webtuiste www.llli.org waar jy inligting sal kry oor ondersteuningsgroepe, telefoonnommers en baie inligting.

julietmatt@gmail.com (021) 556 0693

Leana Habeck is betrokke by “The Breastfeeding Clinic” in Somerset-Wes en Stellenbosch. Hulle het ‘n facebook-groep genaamd “Breastfeeding Clinic” waarby mense welkom is om aan te sluit.

leana.habeck@gmail.com of southafrica@iblce.edu.au

083 415 4657.

icon_12

Kliek om te luister

Johan van Lill 2013