Hoe gemaak met my dikmond kind? - 21 Junie 2012

n Groeipyne gesels ons hierdie week oor die ongemaklike vrae wat kinders soms vra. Jou tienjarige begin neul oor ‘n selfoon. Jy kom agter jou 11-jarige is ‘n boelie. Jou dogter is heeldag agter ‘n toe deur. Jy is hande in die hare!

Suzette Truter, skrywer van die boek “Hoe gemaak met my dikmond kind?”, is al jare ‘n joernalis wat artikels skryf oor hoe om kinders groot te maak en het al in haar loopbaan met byna enige situasie waarin kinders jou kan laat beland, te doen gehad en praktiese raad en beproefde wenke vir ouers gegee. Ons gaan aspekte soos a-sosiale gedrag, kinders en tegnologie, magsverhoudinge, aandagafleibaarheid en nog vele meer bespreek.

icon_12

Kliek om te luister

Johan van Lill 2013