Pa-wees in die moderne samelewing - 14 Junie 2012

In Groeipyne gesels ons hierdie week oor die belangrikheid van manlike rolmodelle (pa's, oupas, ander manlike rolmodelle) in kinders se lewens om aan te sluit by Vadersdag hierdie Sondag.

Ons gaan veral praat oor alles wat pa's kan doen om hierdie belangrike funksie te vervul en wat dit beteken om 'n pa in die moderne lewe te wees.

Ons gesels oor hoekom dit belangrik is dat ouers nie die manlike rolmodel in kinders se lewens moet afkraak nie, veral na 'n egskeiding of wanneer 'n romantiese verhouding verbrokkel het waar daar kinders ook by hierdie verhouding ingesluit was. Hoekom dit belangrik is dat kinders tyd met albei ouers deurbring, selfs al bly pa en ma nie in dieselfde huis nie of het pa of ma 'n ook 'n ander familie.

Ons gee wenke vir Pa's wat laat moet werk, vir lang tye weens werk van die huis af weg weg is, afwesige pa's is en hoe versorgers dit kan hanteer, die rol van pa's in uitgebreide gesinne, en wanneer oupa of ander manlike familielede die vaderfiguur rol moet speel.

icon_12

Kliek om te luister

Johan van Lill 2013