Sensoriese intelligensie - 24 Mei 2012

Hoekom maak sensoriese intelligensie meer saak as IK en emosionele intelligensie? Ek gesels met Annemarie Lombard ‘n ervare arbeidsterapeut met ondervinding plaaslik en internasionaal wat spesialiseer in sensoriese integrasie.

Elke mens ervaar die omgewing op ‘n unieke manier deur sy sintuie. Sommige kinders gedy in ‘n besige omgewing met baie aktiwiteite en mense. Hulle wil alles helderder, harder, warmer en vinniger he en ervaar dit as opwindend en stimulerend. Ander vermy skares en raserige omgewings en soek spesifiek kalmte en orde. Hulle verkies alles sagter, dowwer, ligter, stiller en raak gou geirriteerd en verbouereerd waar daar te veel gewoel en gewerskaf word.

Vandag praat ons oor hoe om jou kind te help om deur sensoriese intelligensie meer doeltreffend te funksioneer en te ontwikkel. Luisteraars kan inbel en saampraat.

icon_12

Kliek om te luister

Johan van Lill 2013