Verantwoordelikheid - 21 Maart 2013

In Groeipyne gesels ons hierdie week oor hoe om kinders 'n sin vir verantwoordelikheid te leer. Hoe kry ek dit reg dat my kind sal onthou om die drom uit te gooi, dat hulle sal hou by wat hulle onderneem het, byvoorbeeld dat hulle sal onthou om die troeteldier elke aand kos te gee en dat die verantwoordelikheid nie op pa of ma oorgeskuif word na ’n rukkie nie. As my kind oortree of nie die huishoudelike take doen nie of aanmekaar uitstel of verskonings uitdink, hoe hanteer ek dit? "Time out" is nie 'n straftegniek nie en ons bespreek hoe om dit effektief te gebruik om verantwoordelike kinders groot te maak.

Datum uitgesaai: Donderdag, 21 Maart 2013

  • Maritha Greeff, ’n psigiatriese verpleegterapeut by Tygerberg Hospitaal
icon_12

Kliek om te luister

Johan van Lill 2013