Strokiesverhaalboeke - 18 April 2013

In Groeipyne gesels ek hierdie week met James Home, Peter Mascher en Francois Bloemhof oor strokiesverhaalboeke en hoe dit kan help om kinders aan die lees te kry.†

HL_omslag.indd

James Home en Peter Mascher se boek "Hendrik Leerdam - Seereis na die Kaap" het sopas verskyn. Dis ’n strokiesverhaalboek oor die Leerdam-gesin, wat saam met Jan van Riebeeck op die Drommedaris uit Holland na die Kaap vertrek. Teen die agtergrond van die werklike gebeure word Hendrik en sy gesin se fiktiewe avonture vertel.†

Die idee vir die boek het uit 'n ouma se frustrasie ontstaan. Hoe gemaak om ons verlede lewend te hou en aan kleinkinders oor te dra? Om dit toeganklik vir die jonger lesers te maak het die skrywer en illustreerder dit as 'n volkleur strokiesverhaal ontwikkel, met geskiedenis as die agtergrond van 'n avontuur soos beleef deur die oŽ van 'n jong seun.

agent-snoet_en_die_hondelewe

Francois Bloemhof is die skrywer van die bekende Agent Snoet Strokiesverhaalboek-reeks.†Agent Snoet is 'n effens verstrooide speurder wat gelukkig kan staatmaak op die hulp van sy briljante Siamese kat, Felino, om sy sake op te los.†






Datum uitgesaai: Donderdag, 18 April 2013

  • James Home
  • Peter Mascher
  • Francois Bloemhof
icon_12

Kliek om te luister

© Johan van Lill 2013