Word kinders deesdae anders groot - 12 April 2012

Die eerste uitstending van Groeipyne op RSG.†

† † In hierdie eerste program het ek probeer om ‘n paar aspekte te bespreek wat nou anders is in kinders se lewens en kenners gevra wat die uitdingings is om kinders deesdae groot te maak – sommer net om ‘n oorsig te gee oor dinge wat ouers en versorgers deesdae mee te make het. Die groot vraag daarmee saam is, ontwikkel kinders deesdae anders?

† † Jenny Bridgeman het saam met my in die ateljee gekuier. Jenny is ‘n bekende onderwyskundige in die Overberg, in die Weskaap en werk by die Onderwysedepartement. Jenny verduidelik van bronne wat die Onderwysdepartement beskikbaar gemaak het om ouers en versorgers by te staan. Kliek hier om na die webtuiste te gaan met oulike hulpbronne vir ouers waarna Jenny in die program verwys. Jenny verduidelik ook hoe besige ouers alledaagse situasies kan gebruik om hulle kinders te ontwikkel

† † Mnr. Hilton Bailey, skoolhoof van St Albans PrimÍr op Wellington vertel van die uitdagings wat kinders deesdae moet hanteer.

† † Christi Thirion, jeugwerker by Durbanville NG Kerk vertel hoe ons vandag se kinders moet benader en wat gesinne kan doen om meer tyd saam deur te bring.

† † ST Potgieter, sielkundige, verduidelik wat kan gebeur as ouers te min tyd en aandag aan hulle kinders gee.

  • Jenny Bridgeman (onderwyskundige)
  • Hilton Bailey (skoolhoof)
  • ST Potgieter (sielkundige)
  • Christi Thirion (jeugwerker)
icon_12

Kliek om te luister

© Johan van Lill 2013