Kuns


Meisje met de parel

Girl_with_a_pearl_earring

Wou al lankal vir Scarlett Johansson sien in Girl with a pearl earring (2003) en omdat dit so koud is hier in Breda (Nederland), besluit ek om dit vandag te kyk. Dalk het ek maar net die koue buite as ’n verskoning gebruik, want dit kan ook wees omdat ek in Vermeerland is? Of is dit omdat ek onlangs Paar met het hoofd vol wolken van Salvador Dali (wat gewoonlik in Rotterdam is) kon sien?

Dit was beslis nie die werk van Vermeer wat die gedagte by my geplant het nie, want die Mauritshuis word op die oomblik gerestoureur en die versameling is “op toer”, tans in Japan en dan in die VSA. Die Mauritshuis heropen in 2014 wanneer die “Mona Lisa van die Noorde” na haar tuiste terugkeer.

Jan_Vermeer_van_Delft_007

Ek was gelukkig om die Meisje met de parel ’n paar jaar gelede te kon sien – ’n ervaring wat my nog jare sal bybly. Anders as met die Mona Lisa, waarna jy oor honderde mense se skouers agter muurdikte glas moet kyk (die ervaring kan beskryf word as dieselfde as om oor ’n rooi lig te jaag …) en daarmee saam die aanhoudende geflits van kameras (hoekom koop hulle nie net die poskaart nie?), kan ’n mens tot byna teenaan die Vermeer-skildery kom. Jy kan elke stukkie detail bestudeer en inneem.

94-scarlett-johansson-girl-with-a-pearl-earring-vermeer

Terwyl ek die fliek kyk, het ek gedink vir enige iemand om hierdie Vermeer-meisie in ’n film te moet speel, is ’n bomenslike uitdaging. Vir my was die karakter van die meisie soos sy in die skildery uitgebeeld word opsombaar in kontrasterende woorde soos onaards, hartseer, verhewe, eroties, eenvoudig, onskuldig en ontvanklik. Tog dink ek Scarlett het dit nogals knap reggekry om Griet te speel – die boek waarop die fliek gebaseer is, is ook ’n lees werd as jy ’n koue, nat wintersdag of twee het en te lui is om op te staan.

Terwyl ek hier skryf, besef ek dit is die Dali-werk wat di van Vermeer in my gedagtes laat eggo het en die fliek in herinnering geroep het. Die ooreenkomste tussen die twee werke is eers onwaarskynlik, maar hoe langer jy na die Dali-werk kyk, hoe meer kan jy sien dat hy tog benvloed is deur die Girl with the pearl earring – hoe onwaarskynlik dit ook al is, Dali was ’n groot aanhanger van Johannes Vermeer se werk! Dis asof die twee werke mekaar in jou kop konfronteer. Behalwe dat albei skilders dit regkry om met lig te werk asof dit van binne na buite skyn, is die silhoette wat in albei werke pertinent uitstaan iets wat jou dadelik opval. Natuurlik is die blou van die doek om die meisie se kop, wat ooreenstem met die blou lug in die wolke, nog ’n ooreenkoms. Ek het eenmaal iewers gelees dat Vermeer daglig skilder, en Dali kunsmatige lig.

imageproxyboijmans.asp

Tog is daar ook op ’n surrealistiese vlak vir my ’n skakel tussen die werke. Party akademici s dat as jy na die doek om die meisie se kop kyk, kan jy ’n landskap daarin sien – wat verder Dali se werk sal eggo. Maar ek onthou dat ek gekyk en gekyk het daardie dag in die Mauritshuis, my kop links gedraai het, teruggetree het en weer nader gestap het, en toe besluit het as jy dit wl sien, kan jy die landskap sien. Dis nou as jy nie verdwaal raak in die voue in die doek om haar kop nie, wat ook in die voue van die tafeldoek in die Dali-werk eggo.

In Parys staan mense tot drie uur lank in rye om die Salvador Dali-uitstalling te sien; koue, ren, sneeu, dit maak nie saak nie. En dit is nie akademici of kunssinniges nie, maar mense wat in die wreld om hulle belangstel, ’n wreld wat die visuele kunste insluit. Mense wat gewone werke doen, niks boheems of unieks nie. Nes ek en jy.

En op ’n koue dag, snoesig onder ’n dubbel-duvet, kon ek die fliek, Vermeer en Dali met my in gesprek laat tree. Nou wonder ek, vir wie of wat sal Suid-Afrikaners drie ure lank in enige weersomstandighede in ’n ry gaan staan? Lady Gaga? Die Curriebeker? ’n Staking? Om te stem? Dis net ’n retoriese vraag.


Johan van Lill 2013