Sukkel jou kind om te konsentreer by die skool? Of vind sy dit moeilik om te lees of huiswerk te doen vir meer as n paar minute? Raak jou kind maklik kriewelrig en is hy oor die algemeen ongeorganiseerd, kry niks klaar nie, is sommer net agterlosig en raak maklik gefrustreerd in alledaagse situasies, of sukkel hy dalk met sosiale interaksie? Of vermoed jy jou kind onderpresteer en jy weet nie hoekom nie?
Die kanse is goed dat jou kind aandagafleibaar is. Wat moet ek as versorger hieromtrent weet? Is medikasie die antwoord? Waar kry ek hulp en wat kan ek doen om my kind te ondersteun?
Internetskakels:
Internetskakels waarna in die program verwys is en waar ouers kan hulp kry:
- www.adhasa.co.za (011) 888 7655
- www.maatismarket.com (022) 492 2979
Retha van Wyk: (opvoedkundige sielkundige): (021) 872 562; rethavw@telkomsa.net
Marieta Rust (ouer): marietarust@gmail.com

