Die storie gaan oor Pieter wat soek na ’n stil plek om te sit en lees. Maar die mense dink hy is nog te klein om te kan lees. Eers gaan hy na die sitkamer en sit agter die rusbank, maar sy ma kom raas daar met die stofsuier. Dan gaan sit hy op ’n swaai in die tuin, maar sy ma kom steur hom wanneer sy begin gras sny. Dan gaan hy na die motorhuis, maar sy ma skakel die elektriese boor aan. Ten slotte gaan hy na die boomhuis, waar hy in rus en vrede kan lees oor reuse en feetjies en robotte.